LifestyleLocal newsNews

Kom kamp gratis tydens Geloftefees

Kom sluit gerus aan vir die fees van Saterdag 10 Desember tot Saterdag 17 Desember.

Retha Fitchat

MIDVAAL. – Inwoners met ‘n liefde vir tradisie en die natuur word hartlik uitgenooi om vanjaar tydens die jaarlikse Geloftefeesvieringe gratis te kom kampeer in die Suikerbosrand-natuurreservaat in die pragtige Heidelberg-omgewing.

Volgens mnr. Freddie Peters, ‘n bekende in politieke en kulturele kringe, vind die fees vanjaar van Saterdag 10 Desember tot Saterdag 17 Desember plaas.
“Die feeskomitee het hierdie jaar baie moeite gedoen om die kampeerterrein te verbeter. Min mense, veral in die Meyerton omgewing, is egter bewus van die feit dat daar gratis kampeer kan word vir ‘n volle week lank. Bring net jou eie kos, tent of woonwa. Daar is water, was- en toiletgeriewe. As ons plaaslike gemeenskap saamwerk, kan ons die terrein verbeter en dit meer dikwels in die toekoms gebruik vir plaaslike kultuurfeeste,” sê hy.
Die gerestoureerde kanon op die terrein, wat sowat 50 hektaar groot is, sal ook weer vanjaar in aksie wees.
Almal wat belangstel om gratis te kom uitkamp, is welkom om reëlings met die voorsitter van die Suikerbosrand Geloftefeeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, by 072 470 5180 te tref.
Die volledige program van die weeklange Geloftefees word tans gedruk en sal binnekort beskikbaar wees. Hou Vaalweekblad en Ster dop vir meer inligting hieroor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button