Bekommerde sedewaker van die Vaaldriehoek skryf:
Op ons staptog vanoggend oor die Baddrifbrug net na Stonehaven, laai ‘n kar ‘n swart prostituut af. Sy staan gereeld daar rond en lig haar kort rokkie vir motoriste. Sy ontvang betaling.
Ten aanskoue van ons en ‘n mamma met haar twee kleuters wat net voor ons stap, loop sy af onder bome in, begin haar hele onderlyf ontklee, verlig haarself ‘n hanetree van ons af, haal ‘n bottel water uit haar handsak en was haarself net daar. Die morele verval, en dit helder oordag. Dit is ‘n betaamlike buurt en die inwoners van die omgewing moet gereeld in die vroue vaskyk waar hulle vir voornemende kliënte wag en met hulle onsedelikheid handel dryf. Kan daar nie iets aan hulle gedoen word nie? Ons kinders word aan sulke onaanvaarbare dinge blootgestel.



