
VEREENIGING. – ‘n Ernstige ongeluk het gister tussen twee voertuie by die kruising van die Ou Johannesburgweg (R82) en Zealaan plaasgevind.
Twee mense is in die ongeluk beseer.
Luidens ‘n persverklaring van ER24 het ‘n vrou geringe beserings opgedoen en ‘n man ernstige beserings.
Beide is op die toneel behandel en hospitaal toe geneem.
Hier is die beeldmateriaal van die ongeluk:
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



