VANDERBIJLPARK. – Drie verdagte mans is aangekeer nadat Michelle Stephenson (44) se skootrekenaar gisteraand 20 November in besit van twee verdagtes gevind is.
Sedert Woensdag het die polisie onverpoosd gesoek na die moordenaars van Michelle. Volgens ‘n woordvoerder van die polisie, is die derde persoon ook aangekeer vir ondervraging.
Die liggaam van ao. Michelle Stephenson (44) is omstreeks 08:30 op Dinsdag 15 November deur twee kollegas en ‘n buurman in haar huis gevind. Daar word vermoed dat sy tydens ‘n inbraak by haar huis vermoor is. Sy is vermoedelik ook verwurg.
Vaalweekblad het verkeerdelik berig dat Michelle laatnag deur ‘n persoon gesien is wat rook. Michelle het egter rook gehaat en die vermoede bestaan dat dit heelwaarskynlik die oortreders was wat by haar huis gesien is daardie tyd van die nag.
LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 23 NOVEMBER.



