CommunityNewsNews

Ao. Michelle Stephenson het haar moordenaar geken

VANDERBIJLPARK. - Een van die drie mans wat vasgetrek is vir die moord op ao. Michelle Stephenson is haar tuinier.

Sersant Thembeka Koago, woordvoerder vir die Boipatong-polisiestasie, het die inligting aan Vaalweekblad bevestig.

Die drie makkers is aangekla van moord en huisbraak en sal môre in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn.

Ao. Stephenson is verlede Dinsdag deur haar buurman en twee kollega’s dood by haar woning in Westinghouse-boulevard aangetref.

Sy is vermoedelik verwurg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button