CSF se Massa Gebedsbyeenkoms – 27 Nov
Die Community Support Forum (CSF) het gevra dat inligting oor hierdie geleentheid, wat komende Sondag plaasvind, so wyd as moontlik versprei moet word. Die CSF skryf:

Die Community Support Forum (CSF) het gevra dat inligting oor hierdie geleentheid, wat komende Sondag plaasvind, so wyd as moontlik versprei moet word. Die CSF skryf:
Goeie Naand almal. Ons MASSA GEBEDS BYEENKOMS is ‘n realiteit! Ons vra ALLE gelowiges oor kerkgrense heen, om in hul leraars en gemeentelede saam te bring na CENTORIONKLUB, SHAKESPEARSTRAAT, CW6, VANDERBIJLPARK. 14:00-18:00 op 27 NOVEMBER 2016
Veilige parkering, karwagte sal gereël word om na motors om te sien.
Kom Vaaldriehoekers – KOM ONS STAAN SAAM EN BID SAAM TEEN DIE SINNELOSE MOORDE, GEWELD, DWELMMISBRUIK EN MISDAAD – ons eis ons grondgebied terug in die Naam van Jesus! *Toegang is GRATIS*
Daar sal vir die volgende instansies gebid word deur die volgende persone:
1. Alle nooddienste (brandweer, ambulansdienste en verkeer – pastoor Adriaan de Beer
2. SAPD Vaalrand en Korrektiewedienste – Alwyn Wilken
3. Sekerheidsfirmas, CSF en Afriforum – Stef Erasmus
4. Dwelms en dwelmverwante misdaad – pastoor Nico Janse van Rensburg
5. Moorde – pastoor Michael Keave
Die betrokke lede in elke groep sal gevra word om uit te tree vir gebed.
Hierna sal pastoor Fritz Olivier tyd gee vir stille gebed, gebed vir mekaar asook ENIGE predikant, dominee of geestelike leier wat ‘n gebed wil doen.
Sandra Smith (van Stap vir Jesus) en haar sang – en musiekspan sal ons lei in “PRAISE AND WORSHIP!”
Die verrigtinge sal afgesluit word met samesang.
Laat ons asb van vanaand af intree vir mekaar, elkeen wat daar sal wees en elkeen wat betrokke is. Kom ons gee aan die vyand GEEN plek in hierde GROOT geleentheid om ons dorp en die Vaaldriehoek terug te vat vir Jesus Christus!!
AMEN
CSF SPAN



