
Die week se uitgawe van Vaalweekblad is op straat en dis weer ‘n pakkie propvol leesplesier teen net R5-10. Kry hom sommer vroeg vanoggend by jou naaste straatverkoper of kafee.
* Ons laat skyn ‘n bietjie meer lig op verlede week se opspraakwekkende botsing tussen die swart BMW en Wit Golf.
* Vier verdagtes is nou reeds vas in verband met die moord op Michelle Stephenson van Jessica’s Wall-faam.
* Lees meer oor ‘n motorfietsryer se geluk by die ongeluk nadat ‘n boom op hom omgeval het.
* ‘n Voormalige hoë amptenaar van die Sedibeng-distriksraad wat in 2014 bedank het, moet sowat R600 000 aan die raad terugbetaal. Dit is omdat hy na sy bedanking steeds vir 2 jaar sy maandelikse salaris gekry het en die Raad nie laat weet het om dit te staak nie.
* Wil jy graag Chanette Paul se boek Fortuin wen? Of dalk ‘n DVD van My Father’s War? Neem dan deel aan ons maklike wedstryde.
* Dan is daar ook nog ons lesers se SMS-menings, en ‘n rubriek vir maatsoekers en werksoekers.
Soos altyd is daar ook lekker aksie op Vaalweekblad se sportblaaie. Lees onder andere meer oor Nicole Louw, die Vaaldriehoek se eie Zola Budd.



