CommunityNewsNews

Soniya Koekemoer vonnis begin vandag

VANDERBIJLPARK. - Soniya Koekemoer verskyn vandag weer in die streekhof in verband met die moord op haar dogterjie Michelle.

Artikel 1 – 28 November 2016

VANDERBIJLPARK. – Soniya Koekemoer verskyn vandag weer in die streekhof in verband met die moord op haar dogterjie, Michelle (9).

Soniya is nog in transit vanaf “Sun City” ( Johannesburg Sentraal gevangenis), waar sy sedert haar inhegtenisname in aanhouding is. Die verwagting is dat die saak so teen 11:00 sal begin. Die verdediging gaan nie ‘n sielkundige verslag aan die hof voorlê nie. Advokaat Erik van der Merwe vir die staat en Soniya se prokureur, Francois de Kock, sal vandag betoog.

Daarna sal landros Robert Button vandag of môre uitspraak lewer. Die verwagting is dat sy tussen 10 en 20 jaar gevangenisstraf sal kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button