
Die slenter word lewensgetrou genoeg aangebied sodat jy dalk daarvoor sal val en dan is dit te laat.
FNB maak dit duidelik dat sy kliënte nie op ’n e-pos moet reageer waarin daar gewaarsku word dat FNB se veiligheidspan jou aanlyn bankrekening gaan sluit “omdat jy dit versoek het” nie.
Met so e-pos sal jy jou in ‘n ander bloedgroep skrik en dadelik die skakel oop maak.
Die slenter is as volg
- Die e-pos sal jou inlig ’n proses is deur die bank se veiligheidspan aan die gang gesit omdat jy die keuse uitgeoefen het om jou aanlyn FNB-rekening te sluit.
- Jy sal voorts ingelig word jou rekening en bankkaart is ingekort en jou aanlyn bankrekening sal binne 24 uur ná ontvangs van die e-pos geblok word.
- Die e-pos verskaf ’n skakel waarop jy moet klik as jy nie die kansellasie van jou aanlyn dienste versoek het nie
- ’n Volgende skakel sal geklik moet word om ’n PDF-dokument met die nodige aanwysings daarin, oop te maak.
FNB vra kliënte om nie die skakel oop te maak nie.
Bron: Huisgenoot.com
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





