CommunityNewsNews

VIDEO: Kyk hoe het die Vaaldam gelyk

Die watervlak van die Vaaldam, asook ander damme in Suid-Afrika, is op almal se lippe die afgelope tyd. Die Vaaldam se watervlak het veral kommer gewek toe dit byna onder die 25% minimum vlak gesak het.

Te danke aan onlangse reënval in die opvangsgebied asook water wat vanaf die Sterkfonteindam vrygestel is, was die Vaaldam se watervlak op 1 Desember op 37%.

Hoewel dinge beter lyk, moet inwoners steeds water spaarsamig gebruik en gehoor gee aan die reëls wat met die waterbeperkings gepaard gaan.

Dirk Grobler Aerial Photography and Contour Mapping het dié video van die Vaaldam op 30 Oktober geneem.

Kyk die video gerus deur op die volgende skakel te klik: Vaaldam video

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button