NewsNews

Nasionale nuus: Ongeluk eis 11

11 Mense is dood na die bestuurder van 'n Toyota Avanza vermoedelik beheer oor die voertuig verloor en met 'n vragmotor gebots het.

Die voorval het op die N1-snelweg tussen Modimolle (Nylstroom) en Mokopane (Potgietersrus) op 4 Desember in Limpopo plaasgevind.

Sommige van die 11 oorledenes was so verbrand dat ‘n forensiese ondersoek hul geslag en ouderdom moet bevestig om sodoende hul identiteit te bekom.

Een van die Avanza se bande het glo gebars, waarna die bestuurder beheer verloor het.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button