CommunityNews

Dié week in Vaalweekblad – 7 Desember

Dit is wat jy hierdie week in Vaalweekblad kan lees

Hierdie week se Vaalweekblad is op straat en daar is weer ‘n wye verskeidenheid berigte en rubrieke.

* Vaalweekblad vertel meer oor die skokkende moord op mev. Lo-Anne Koekemoer van Glen Donald.

* ‘n Unieke kunswerk van sowat R2 miljoen word gesteel – skroothandelaars word versoek om dadelik te laat weet as iemand dit aan hulle probeer smous!

* ‘n Chroniese blokkasie in die rioolstelsel by die Rietsspruit Waterwerke gee Emfuleni se werknemers die afgelope weke grys hare.

* Die verhoor waarin ‘n lid van die Blitspatrollie aangekla word dat hy sy vrou in 2014 doodgeskiet het, word in die Vereeniging-hof voortgesit.

* Is dit net ons wat so dink of word meer bome in die Vaaldriehoek as gewoonlik omgewaai? Indien wel, waarom?

*  Twee maande nadat ‘n jong man in ‘n botsing op die Ascot-brug oor die Vaalrivier gesterf het, is die stukkende plekke in die betonreling steeds nie reggemaak nie – ‘n baie gevaarlike situasie

Dan is daar ook nog interessante sportnuus, rubrieke vir werksoekers en maatsoekers, sowel as die SMS-blad propvol lesersmenings.

Matrikulante moet ook gou spring om hierdie week se uitgawe te kry vir die pragtige afskeidsbylaag. Deelnemers aan die matriekafskeidwedstryd kan R1000 en verskeie pretpryse wen!

Kry jou Vaalweekblad sommer nou by jou naaste kafee of straatverkoper teen slegs R5-10. Koop elke week ‘n Vaalweekblad en stel ons sodoende in staat om voort te gaan om daaglikse nuus GRATIS op www.vaalweekblad.com en Vaalweekblad Facebook te laai!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button