CommunityNewsNews

Du Preez se ma vra of hy onder huisares geplaas kan word

Du Preez oor twee dae gevonnis

Du Preez Vonnis – Dag 1 Artikel 1

Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

VEREENIGING. – Vandag in die Hooggeregshof in Vereeniging gaan Fanie du Preez, gesinsmoordernaar van Vanderbijlpark, getuig ter versagting van sy vonnis wat hy heelwaarskynlik Woensdag, 14 Desember, gaan aanhoor.

Fanie het op 4 Desember 2015 sy gesin uitgewis. Hy het sy vrou, Thea, dogter Carlia en seun Phillip koelbloedig doodgeskiet vir ‘n onbekende motief wat nog nie deur hom of sy advokaat in die hof geopenbaar is nie.

Regter Hennie de Vos hanteer die saak en die advokaat vir die staat is Erik van der Merwe en advokaat Roelof van Wyk verdedig Fanie.

In die hof vandag is familie en vriende van beide gesinne. Du Preez se ma en stiefpa Joan en Koos van Wyngaardt is in die hof asook Thea se susters en ander familielede.

10:00

Adv. Van der Merwe stel aan die hof dat die proefbeampte verslag beskikbaar gestel is aan die hof. Die proefbeampte is ook teenwoordig in die hof.

Adv. Van Wyk vra die hof dat hy eerste begin met sy getuies ter versagting van du Preez se vonnis.

Adv. van Wyk roep Joan van Wyngaardt na die getuiebank.

Regter De Vos sweer Joan in.

Adv. Van Wyk  vra Joan uit oor die situasie in die huis. Joan getuig dat Jacques aan masjiene gekoppel is. Sy huil terwyl sy getuig. Die kostes is baie hoog. Hul kry net R1 500 van SASSA vir Koos. Sy getuig ook dat die woning waar hulle gewoon het waar die moord gepleeg is, is verkoop en hulle moes ander heenkome vind. Die huis waar hul tans bly wat ook hul eindom is, is sy bang gaan verkoop word op ‘n veiling aangesien hulle dit ook nie kan betaal. Sedert die hofsaak werk Joan nie meer nie. Sy het in Januarie 2015 opgehou werk.

Joan getuig oor die planne van besighede wat Du Preez wou begin. Sy getuig dat Du Preez R40 000 maandeliks sou ontvang. Joan vra die hof en sê dat sy vier kinders verloor en nou ‘n vyfde een ook. Sy het en huilend die hof gevra dat Fanie onder huisarres geplaas kan word. Sy weet dit is baie gevra.

Adv. Van der Merwe kruisondervra Joan oor omstandighede in die huis. Hy stel dat sy nog steeds in die huis sou bly as die moord nie gepleeg was nie. Joan sê dit is reg, ja. Joan getuig ook dat as hul huis verkoop was sou hulle R200 000 gehelp het.

Regter De Vos vra Joan of Du Preez al ooit erken het aan haar dat hy die misdade gepleeg het. Joan antwoord nee.

Regter De Vos vra uit oor die alarm en of dit geaktiveer was in die slaapkamer. Hy verwys ook na die paniekknoppie en ‘n kode wat ingesit word.

Regter De Vos vra vir duidelikheid by Joan dat sy voorheen getuig het dat sy nog nooit vir Du Preez gevra het of hy die moorde gepleeg het of nie. Sy antwoord nee!.

10:11

Regter De Vos vra oor die situasie waarin hulle hulself bevind en wil weet of dit is as gevolg van die moorde. Sy sê ja. “Dan sou ek nog gewerk het ook”.

Adv. Van Wyk vra Joan uit oor die dwelmbase en dat sy Du Preez gevra het of hy nog by die dwelmbase betrokke is.

Regter de Vos verskoon Joan van Wyngaardt, Du Preez se ma.

Die staat roep mev. Petra Trudie Tromp, proefbeampte vir Du Preez

Adv. Van der Merwe begin deur die verslag te bevestig in die hof.

Adv. Van Wyk vra Tromp uit oor die eensydigheid van die verslag oor verskillende getuies en hul weergawes. Tromp getuig dat sy met die skool gekontak het en dat die skool gesê het dat hul skoolwerk versleg het.

Adv. Van Wyk vra uit oor die hokkiespan vir wie Carlia gespeel het en noem dat die dood van Carlia defnitief ‘n effek gehad het op die span. Tromp getuig dat die grusaamheid baie traumaties was vir die kinders.

Adv. Van Wyk verwys na die feit dat in die verslag verwys Tromp na 7 jaar en nie een jaar wat die skoonma daar in die woonstel gebly het.

Adv. Van Wyk vra Tromp of Thea ‘n gekwalifisserde ouditeur is en sy beaam.

Adv. Van Wyk verwys dat Du Preez meer tyd met sy vriende spandeer het. Tromp sê dat dit die inligting is wat Du Preez haar gegee het.

Tromp getuig dat Du Preez medikasie gebruik het en dat Du Preez haar meegedeel het hy het geen aggressie probleem nie. Sy kon nie verifieer hoeveel gebruik is nie en of dit net sporadies was.

Tromp getuig dat Du Preez twee maande voor die tyd sy verhouding met sy dogter probeer herstel het.

Regter De Vos vra dat daar getuienis was dat Du Preez vir Carlia ‘n kar gekoop het en dat sy maar net 17 was. Tromp sê sy kan nie daaroor getuig.

Adv. Van Wyk verwys na die verhouding waarin Fanie was. Tromp is van mening Thea was te dankbaar hy was nie naweke tuis nie.

Adv. Van Wyk stel dit dat Du Preez net een keer weg was. Tromp getuig dat daar meer as een verhoudings was. “Drie of vier” getuig Tromp.

Tromp het met Mariaan gepraat maar nie met die ander.

Tromp getuig die laaste verhouding en dat Thea by Mariaan was. Sy getuig Thea het eers na drie jaar uitgevind van die verhouding met Mariaan.

Adv. Van Wyk stel dat die suster getuig het oor die feit dat Du Preez Thea gevolg het om seker te maak sy het nie ander verhoudings nie. Tromp getuig sy het nie bevestiging hiervan nie.

10:33

Die vraag waarom die kinders doodgemaak moes word kom ter sprake. Tromp getuig dat Du Preez ook gevra het waarom die kinders, maar dat Du Preez net gesê het dat dit nie hy was nie.

Tromp getuig dat Du Preez hartseer was ten tyde van sy konsultasie met haar. Regter De Vos vra of die skooljaar reeds verby was. Tromp bevestig dit.

Tromp getuig oor ‘n aanstelling in Thea se pos na die moord. Adv. Van Wyk verwys dat Thea verantwoordelik was vir die betaling van rekenings in die huishouding. Tromp getuig dat sy die inligting gekry het en dat Du Preez net instruksie gegee het aan Thea. Tromp getuig dat Du Preez nie veel geweet het wat in die rekeninge aangegaan het nie. Tromp getuig ook dat sy nie weet hoekom die kaartbetalings agterstallig was.

10:43

Adv. van Wyk stel aan Tromp dat Thea geweet het van die verhouding met Mariaan en as gevolg van persoonlike probleme Du Preez laat gaan het. Tromp sê egter dat Du Preez nie Thea se gevoelens in ag geneem het nie.

Die staat roep Rina Fouche, Thea se suster na die getuiebank.

10:48

Regter de Vos sweer Rina in.

Adv. Van der Merwe  stel dat die verhoudings deur Thea goedgekeur is. Rina getuig dit is snert. Sy en Thea was dan saam na Mariaan na Secunda om Mariaan te gaan konfronteer. Hulle het haar in Mariaan se manshaarkapper salon gekonfronteer.

Thea het toe aan Mariaan gevra wie sy is. Mariaan het nie geweet nie. “Ek is Fanie se vrou”, het Thea aan Mariaan gesê.

Rina getuig dat Thea baie geskok was oor die verhouding. Veral nadat Mariaan aan Thea gesê het dat hulle alreeds vir drie jaar ‘n verhouding het. Mariaan het aan hul gesê dat sy sal terugstaan as Fanie so sou besluit.

Adv. Van Wyk vra of Fanie by was. Rina antwoord nee.

Rina getuig dis ‘n leuen dat Du Preez sê dat hul vir ‘n tydperk uitmekaar was.

FOTO’S IN DIE HOF VANDAG

634A2194 (Medium)

634A2195 (Medium)

634A2197 (Medium)

634A2205 (Medium)

634A2206 (Medium) 634A2207 (Medium)

634A2208 (Medium)

634A2209 (Medium)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button