CommunityNewsNews

Solidariteit Helpende Hand se bedryfshoof in tragiese motorongeluk

Dirk Herman betuig meelewing met Brink-gesin

Dr. Dirk Herman, Voorsitter van die direksie van Solidariteit Helpende Hand en Bestuurshoof van Solidariteit, het bevestig dat Dr. Danie Brink, Uitvoerende Direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en sy gesin, vanoggend (16 Desember) in ’n ernstige motorongeluk betrokke was.

Nooddienste het vroeër vandag bevestig dat die ongeluk, wat op die R34 tussen Brandford en Theunissen plaasgevind het, die lewens van twee kinders geëis het en ’n vrou in kritieke toestand gelaat het. Brink en twee van sy kinders het slegs ligte beserings opgedoen terwyl sy vrou en een seun in die hospitaal op Welkom opgeneem is vir behandeling. Die familie het bevestig dat twee van die egpaar se kinders oorlede is. Die Brink-gesin was op pad om by hul familie aan te sluit vir hul Kersvakansie en het beplan om op Theunissen oor te slaap.

Herman het namens die Solidariteit Beweging en Solidariteit Helpende Hand meelewing betoon met Brink en sy gesin: “Ons is almal geskok en bid dat die Here die gesin en familie in Sy troos sal omvou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button