CommunityNewsNews

Vreugde vir die Vaaldam

Skaars drie maande gelede het groot kommer geheers oor die Vaaldam se watervlak wat byna onder die minimum van 25% was en nou staand die dam op 41.3%. 

Rand Water het die nuutste watervlak vandag (19 Desember) bekendgestel.

Dit is grootliks te danke aan water wat vanaf die Sterkfonteindam vrygestel is en reënval in die opvangsgebied.

Die Vaaldam voorsien water aan inwoners van Gauteng en hoewel die watervlak aansienlik beter as drie maande gelede lyk word inwoners steeds gevra om water spaarsamig te gebruik.

Kyk hier hoe lyk die watervlak van ander damme ook:

Nuuste watervlakke soos bekendgestel deur Rand Water
Nuuste watervlakke soos bekendgestel deur Rand Water

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button