Maroela Media berig dat Forbes in die vroeë oggendure van 17 Desember aan sy beserings beswyk het. Hy was sedert die koeël uit sy maag verwyder is in ‘n koma en het bloeding op die brein gehad. Sy bloeddruk het ook geval.
Vaalweekblad het vroeër berig dat Forbes, sy vrou en skoonma op 8 Desember deur gewapende rowers op hul kleinhoewe tussen De Deur en Roshnee aangeval is. Hy het ‘n geluid in die huis gehoor en ondersoek ingestel waar hy in die aanvallers vasgeloop het.
Die aanvaller het op hom geskiet, maar dit was mis, waarna Forbes hom gestorm het. Nog skote is afgevuur wat Forbes in die arm en rug getref het.
Na die rowers op vlug geslaan het met onder meer juwele, elektroniese ware, selfone en die Forbes-egpaar se voertuig, het Forbes se vrou in die donker na die bure gehardloop om hulp te kry vir haar man.
Volgens inligting is nog geen arrestasies na die voorval gemaak nie.
Klik op die skakel op die vorige berig te lees: Man kritiek na aanval op kleinhoewe



