EntertainmentLifestyleLocal newsNews
Kersfeesgenot vir Kragbron se kleingoed
LSP Energy befonds heerlike bederfdag vir inwoners
Retha Fitchat
Inwoners van Kragbron is vroeër die maand heerlik bederf met ‘n Kersboomgeselligheid wat deur LSP Energy, die nuwe eienaars van Kragbron, moontlik gemaak is. Die pretdag is georganiseer deur Natassia Hogendoorn en Alice Meyer. LSP Energy, wat ook die nuwe eienaars van die Vereeniging Raceway is, is tans besig om die verouderde huise in Kragbron op te knap. Die gebied sal voortaan as Taaibos Lifestyle Estate bekend staan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




