CommunityNewsNews

Gesin verloor alles in huisbrand

Geen Kersvreugde vir die Bezuidenhouts hierdie jaar

Retha Fitchat

VANDERBIJLPARK. – Terwyl die meeste inwoners van die Vaaldriehoek gister heerlik om hul feestafels gekuier het, moes die Bezuidenhoutgesin van Eerstelaan, Stefanopark-hoewes buite Vanderbijlpark, toekyk hoe hul huis in vlamme opgaan.
Volgens mev. Henriette Bezuidenhout is alles wat hulle die afgelope 15 jaar versamel het, op Kersdag in die brand vernietig. Die oorsaak is nog onbekend.
Die gesin is ongedeerd maar hulle het alles verloor – selfs haar kinders, Juriette (9) en Henno (6) se nuwe skoolklere is tot as verbrand.
Enigiemand wat die gesin met skenkings wil bystaan, kan Henriette Bezuidenhout op Facebook kontak.

huisbrand kersfees huisbrand kersfees2 huisbrand kersfees3 huisbrand kersfees4 huisbrand kersfees5

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button