Ettienne van Rensburg
Niël Erasmus van die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark beleef vanjaar ‘n besondere sportjaar. Hy was onlangs onder die top drie van Vaalweekblad se Sportster van die Jaar-kompetisie en is ook vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die Gauteng o.17-Plattelandspan gekies. Sy stoutste verwagtinge is oortref toe hy vir die Gauteng o.19B-krieketspan gekies is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



