CommunityHealthLetterLifestyleLocal newsNewsOpinionsPhoto Galleries
Pasiënte se ou medikasie in parkie afgelaai
Gevaarlike afval onwettig in woonbuurt gestort
Magda Grebe van Vanderbijlpark skryf:
Die persoon wat vir die tweede keer sy vullissakke deur die nag in die parkie in Jean Websterstraat kom aflaai het, raak asseblief beskaafd en sit hulle by jou huis vir die vullislorrie uit of gaan laai dit self by die stortingsterrein af. Jul laai dit by ‘n parkie af maar dit bevat medikasie wat nie in kinders se hande moet beland nie! En die parkie se gras is kort omdat ons dit self sny, nie die munisipaliteit nie, so hou jou rommel vir jouself asseblief? Sies man…..
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






