HS Driehoek het rede vir vrolikheid!
Matrieks van 2016 behaal verskeie veelvuldige onderskeidings

Personeel en leerlinge van die Hoërskool Driehoek het rede om breed te glimlag nadat die matriekuitslae bekend gemaak is. Dié skool het verskeie 2016-matrikulante opgelewer wat 4 en meer onderskeidings behaal het. Hier deel een van die skool se gewilde onnies, mnr. Leon Visser (“Mr Fish”) ‘n vrolike oomblik met Jalencke Weeber, Driehoek se dux-leerling in 2016. Sy is een van drie leerlinge van die skool wat sewe onderskeidings behaal het. Waldo Berge het met sy 8 onderskeidings die meeste A’s by Driehoek ingeoes. ‘n Bylae oor die 2016-matriekpresteerders verskyn in Vaalweekblad van 25 Januarie.



