CommunityNewsNews

Watergedierte geheim ontrafel – Vaalweekblad

Watergedierte geheim ontrafel

JANNIE DU PLESSIS

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vreemde ‘waterdier’ is reeds ‘n geruime tyd gelede in die waters van die Vaalrivier waargeneem. Een so ‘n kreatuur is Maandagmiddag, 16 Januarie weer eens deur verskeie mense gesien. Dit is ‘n vis wat glad nie eintlik eers in ‘n binnelandse rivier hoort nie en baie min aan die kusstreek van Suider-Afrika gesien word. Dit het verskeie mense verbaas gelaat en twee jong seuns op en af langs die oewer van die Vaal laat hardloop om die gedierte behoorlik te kan sien. Die ‘Orca killer whale’ (moordwalvis) is die nuwe waterspeelding van Bernard van der Westhuizen.
Dié kragtige tweesitplek boot is ‘n kombinasie tussen ‘n boot en ‘n semi-duikboot en is die tweede van die Seabreachers wat Bernard besit. Die eerste een waaroor Vaalweekblad ‘n tyd gelede berig het, ‘n witdoodshaai, is intussen verkoop en is tans in Mauritius, waar dit kommersieel aangewend word. Bernard voer die bote in van die VSA en afhangend van die rand /dollar prys, kan dit ‘n man ‘n stewige bedraggie kos, maar volgens Bernard, ure se plesier verskaf. ‘n Beentrekker op Vaalweekblad se webblad het unieke kommentaar uitgelok. Een man se kommentaar was: “O, #$% ek swem nie meer in die rivier nie! Ek wou sê nou die dag toe ek swem, toe voel ek iets onder my voete verby swem, het nie gedink dit is ernstig nie, maar nou weet ek. Dankie vir die plasing!” ‘n Ander man sê weer: “Nee man dis my vrou wat daar swem, o is dit waar sy is, jammer julle, ek laat haar nou haal, ha ha.” Die prag tweesitplek boot is die Seabreacher Z-model en word uit koolstofvesel, veselglas en teflar vervaardig. Dit spog met ‘n 300 perdekrag Rotax vierslag enjin. Dit kan sowat 6.1m uit die water spring en 1.25m onder die water duik vir kort periodes. Met ‘n lengte van 5m en vinne wat amper twee meter wyd strek, sal dit enige iemand se oë laat rek in vars- of seewater.
Die binnekajuit lyk soos ‘n moderne vliegtuig, met tweerigtingradio-toerusting en selfs skerms wat beeldmateriaal toon van die kamera wat op die dorsale fin gemonteer is. Die dorsale fin kan ook intrek om sekere bewegings soos ‘n vaatjierol uit te voer. Die drie modelle wat tans beskikbaar is, is ‘n dolfyn, haai en die moordwalvis en kan die afwerking en verfwerk vervaardig word na gelang van die kliënt se keuse. Vir navrae oor die Seabreacher, kan Bernard by 073 182 2222 gekontak word. Besoek gerus vaalweekblad.com se webblad vir ‘n kort video van die moordwalvis in aksie op die water.

 

634A3872

 

 

 

 

 

 

 

 

 

634A3878 634A3949 634A3994

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button