CommunityNews

Werker word flou in mangat

MEYERTON. - 'n Tragedie het vandag in Riversdale afgespeel toe een van die munisipale werkers in 'n mangat geklim, en flou geword het.

Midvaal Brandweer was spoedig op die toneel waar hulle die man bewusteloos in die mangat, van sowat vyf meter diep, aangetref het. Die helfte van sy lyf het in die riool gelê. Hy het vermoedelik flou geword weens die rioolgasse in die mangat.

‘n Brandweerman van Midvaal Brandweer het in die mangat geklim en die munisipale werker op suurstof geplaas, terwyl die ander brandweermanne die toerusting gereed gekry het om die reddingspoging uit te voer.

Te danke aan Midvaal Brandweer se flink optrede kon hulle daarin slaag om die werker betyds uit die mangat te trek. Hy is in ‘n ernstige toestand deur ER24 hospitaal toe geneem.

 

Brandweermanne van Midvaal Brandweer kon die munisipale werker betyds red.
Brandweermanne van Midvaal Brandweer kon die munisipale werker betyds red.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button