
“Almal droom van ‘n troue langs die see of in die berge, maar ek wou iets anders doen. Ek en JJ is baie lief vir die dam en ek het gedink in plaas daarvan om langs die dam te trou, kom ons trou sommer in die dam,” sê Linky.
Linky het die 2016-Skrikkeljaar ten volle benut toe sy JJ die groot ja-woord in die hospitaal gevra het na hy in ‘n ernstige ongeluk betrokke was.
Na die twee in hul verhouding van ses jaar verskeie struikelblokke oorkom het, is hulle vandag Mnr. en Mev. Veldman. “Ek sou ons spesiale dag nie ander wou gehad het nie – dit was perfek.”
Lees volledige berig in môre se uitgawe van Vaalweekblad.



