
Dit is egter baie vinnig en gerieflik om kontant by ‘n OTM te trek, maar dit is ook maklik vir misdadigers om OTM-bedrog te pleeg.
Verskillende modus operandi’s word gevolg om OTM-bedrog te pleeg wat die volgende insluit:
- Die misdadiger sal die gebruiker by die kitsbank nader en hulp aanbied. Hy of sy sal dan jou bankkaart omruil met ’n soortgelyke een sonder dat jy dit agterkom.
- Die misdadiger sal naby aan die gebruiker staan om sy/haar OTM-pin te sien. Hulle sal daarna die regte kaart neem en saam met die PIN-kode kontant gaan trek.
- Misdadigers sal die taal van die OTM-skerm verander sodat dit die gebruiker deurmekaar maak en hy/sy hulp kan aanbied.
- Misdadigers sal die kaartgleuf probeer blok sodat hulle die gebruiker na ’n ander, geïsoleerde kitsbank kan lok.
Gebruik die volgende nuttige wenke om nie in die strik te trap nie:
- As jy vermoed daar is fout met die OTM, kaneselleer die transaksie onmiddellik.
- Vermy kitsbanke waarvan die skerms dof vertoon of wat te stadig werk.
- Hou jou kaart reeds byderhand wanneer jy ’n OTM nader. Vermy dit ook om jou beursie oop te maak by die kitsbank.
- Wees versigtig vir vreemdelinge wat jou hulp bied. Hulle probeer dalk jou aandag aflei om sodoende jou kaart en/of PIN te kry.
- Volg die instruksies van die kitsbank noukeurig.
- Tik jou PIN in slegs wanneer daarvoor gevra word.
- Rapporteer verdagte mense wat by die kitsbank rondhang.
- Indien jy tydens die transaksie gepla word deur ’n ander persoon, verander jou PIN onmiddellik of stop jou bankkaart.
- Vermy kitsbanke met eienaardige voorwerpe wat daaraan vasgemaak is.
- Moet niemand om hulp nader nie, self nie die sekerheidswagte nie. Gaan liewers direk bank toe.
- Moet nooit jou bankkaart in die gleuf in forseer nie.
- Kies ’n PIN wat maklik is om te onthou, maar moeilik is om te ontsyfer. Moet nie jou verjaarsdagdatum gebruik as ’n PIN nie.
- Kyk gereeld na jou balans en rapporteer enige onreëlmatige transaksies dadelik aan jou bank.
Bron: Huisgenoot
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



