NewsNews

Vermeende renosterhoring-smokkelaars se verhoor om die draai

VANDERBIJLPARK. - Martin van Rooyen (30), Conrad Franklyn (32) en Adrian van Staden (27), vermeende renosterhoring-smokkelaars, se verhoor sal na verwagting volgende maand in die Vanderbijlpark streekhof begin.

Dié drie is April 2016 in hegtenis geneem toe hulle deur die Vanderbijlpark-polisie in samewerking met die Valke vasgetrek is. Hulle het hulself as voornemende kopers voorgedoen en is in die Vaal Mall se parkeerarea gerarresteer met die renosterhorings in hul besit.

 

Martin van Rooyen,Conrad Franklyn en Adrian van Staden laasjaar in die hof.

 

‘n Groot deurbraak is deur die Valke en die Vanderbijlpark-polisie gemaak toe hulle ‘n renosterhoringsvonds met ‘n straatwaarde van R5,2 miljoen gekonfiskeer het. Die plaaslike span is van links konst. Mpho Molatedi, konst. Regionald Tlhoka en konst. Disema Mokoenyane.

 

Die renosterhoring was in ‘n sportsak en het 250kg geweeg en die waarde daarvan was R5.2 miljoen. ‘n Vervalse dokument wat aan hulle toestemming verleen om die horings te vervoer is ook in hul besit gevind.

Die verdagtes is onderskeidelik van Sasolburg en Vanderbijpark.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button