NewsNews

Sakeman doodgeskiet in Meyerton

MEYERTON. – Die Meyerton SAPD ondersoek tans die voorval waar ‘n sakeman vanoggend in Gallowaystraat, Meyerton, doodgeskiet is.

Daar is intussen bevestig dat mnr. Japie Erasmus van Vaal Industrial Development vanoggend by sy besigheid geskiet is. Die persoon wat hom geskiet het, het kort daarna sy eie lewe geneem.

Volgens ‘n persverklaring van ER24 is mnr. Erasmus met verskeie skietwonde in sy rug gevind.

Vaalweekblad was nog nie in staat om die identiteit van die persoon wat mnr. Erasmus geskiet het te bekom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button