CommunityLocal newsNewsNews

90 Jarige ouma vermoor by Pioneer woonstelle

VANDERBIJLPARK. - 'n Negentig Jarige ouma en ma is vroeg vanaand deur haar dogter dood in haar kamer aangetref by die Pioneer woonstelle op die dorp.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Negentig jarige ouma en ma is vroeg vanaand deur haar dogter dood in haar kamer aangetref by die Pioneer House woonstelle op die dorp.

Jossie  Gilson (90), is rondom 18:00 deur haar dogter in haar kamer op die eerste verdieping van die hoof woonstelblok gevind. Jossie het veelvoudige steekwonde in haar sy en op haar lyf gehad. Aanvanklik is gedink dat sy geval het en seerkgery het aangesien daar baie bloed was. Toe ER24 Paramediese personeel egter haar op die toneel dood verklaar het hulle veelvuldige steekwonde aan haar lyf gevind. Die polisie is gekontak wat sowat dertig minute later op die toneel opgedaag het.

Tannie Jossie het sowat drie kamers van haar dogter af gewoon. Volgens inligting op die toneel het niemand iets gesien nie. Die tyd van die moord is ook nog onbekend maar dit blyk dat dit vroegdag vandag Sondag 26 Februarie gebeur het.

Tans is die polisie en forensiese spanne besig om die kamer te fynkam vir leidrade.

LEES VAALWEEKBLAD 28 FEBRUARIE VIR MEER BESONDERHEDE

Die Pioneer House woonstelblok. FOTO JANNIE DU PLESSIS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button