Huldeblyk aan ouma Jossie – VIDEO: JANNIE DU PLESSIS
Die Community Support Forum in Vanderbijlpark, onder leiding van Leana Gough-Gillick, het Dinsdagaand 28 Februarie saam met inwoners van Pioneer huis, gemeenskapslede en familie kerse aangesteek in die tuin voor die Pioneer House, ter nagedagtenis aan ouma Jossie.

VANDERBIJLPARK. – ‘n Inwoner van die Pioneer House het die afgelope naweek deel geword van die gewelddadige vlaag van misdaad in ons land, toe sy Sondag 26 Februarie wreed in haar kamer vermoor is.
Die Community Support Forum in Vanderbijlpark, onder leiding van Leana Gough-Gillick, het Dinsdagaand 28 Februarie saam met inwoners van Pioneer huis, gemeenskapslede en familie kerse aangesteek in die tuin voor die Pioneer House, ter nagedagtenis aan ouma Jossie. Sy laat haar drie kinders Boetie, Marie en Anette, 10 kleinkinders en agt agterkleinkinders agter. Haar jongste seun Chris, is reeds oorlede. Sy word op Saterdag 4 Maart om 14:00 vanuit die Ou Apostoliese Kerk op die Nanescol-kleinhoewes begrawe.
VIDEO: JANNIE DU PLESSIS



