CommunityPhoto Galleries

Sprankelende April-bruide

VANDERBIJLPARK – Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie 2015 is nou volstoom aan die gang en die April-bruide wat ingeskryf het, is nou te sien.

VANDERBIJLPARK – Vaalweekblad se Bruid van die Jaar-kompetisie 2015 is nou volstoom aan die gang en die April-bruide wat ingeskryf het, is nou te sien.

Die bruidsjaar strek vanaf Januarie tot Desember 2015. Gedurende hierdie tyd sal die deelnemers se foto’s in Vaalweekblad gepubliseer en onderhoude gevoer word om die maandwenner aan te wys. Die maandwenners sal om die titel as Vaalweekblad se Bruid van die Jaar meeding en so die kans staan om nog groter pryse te wen.

Bruide wat gedurende Mei getroud is, kan nou inskryf. Die sluitingsdatum vir hierdie bruide is 25 Junie. Stuur ‘n e-pos aan Penelope van Vuuren by penny@media24.co.za.

Inligting wat ons saam met die foto moet ontvang is: die bruid en bruidegom se naam en van, datum van hul troue en ‘n kontaknommer vir die bruid. Besighede wat belangstel om as borge op te tree vir hierdie kompetisie, kan Penelope by (016) 950 7047 kontak.

Related Articles

 
Back to top button