NewsNews

Kyk net hoe verf die vark… en haar skilderye word vir duisende opgeraap

Dit is nie aldag wat jy 'n dier sien wat ongewone goed doen nie. Vir Joanne Lefson van die Farm Sanctury SA in Franschhoek is dit nie meer ongewoon om die 10 maande oue sog wat sy gered het, te sien skilder nie.

Pigcasso is van ‘n varkplaas gered net voor sy geslag sou word. Kort daarna het haar liefde vir ‘n kwas en verf begin. EWN het berig dat Pigcasso na verwagting teen einde April haar eerste solo-kunsuitstalling gaan hê.

Haar kunswerke het ook al bekendheid in die buiteland verwerf en een van haar skilderye is vir ‘n allemintige R23 500 deur ‘n Walliese egpaar opgeraap.

Pigcasso besig om te skilder.

Die opbrengs wat uit Pigcasso se kunswerk gemaak word, word aangewend om die lewensomstandighede van plaasdiere te verbeter.
Tussen al die verf, geniet Pigcasso ook ‘n middagslapie of twee, lekker kos en ‘n modderbad.

Pigcasso en Joanne Lefson wat haar gered het.

 

Gaan kyk gerus die video deur op die volgende skakel te klik: Pigcasso Farm Sanctuary SA

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button