Oud-Valie presteer ook in Mpumalanga
Danie is deel van die All Stars-span wat later vanjaar na Las Vegas en Europa toer
Retha Fitchat
VANDERBIJLPARK. – ‘n Vaaldriehoeker en oudleerling van die Hoërskool Transvalia, Danie Malan, trap deesdae diep spore in Mpumalanga. Danie is deel van Nasua Middelburg se rugbyklub en het in ‘n onlangse prysuitdeling die pryse ontvang as beste speler van die jaar, beste agterspeler van die jaar, beste spelers se speler van die jaar en sportman van die jaar. Hy is ook ‘n uitblinker in 7’s en is gekies as deel van die All Stars-span wat later vanjaar na Las Vegas en Europa toer. Die 24-jarige Malan het vroeër die maand tydens die Hoëveld Seweskampioenskappe weer gereeld agter die doelyn gaan kuier en het agt drieë vir die dag gedruk.





