NewsNews

Chaos heers in Johannesburg

Chaos heers vandag in Johannesburg na metertaxi's vroeg vanoggend die R24-snelweg (oostelike rigting tussen die Edenvale en Barbaraweg-afrit) versper het in 'n protesoptog teen Uber.

Minstens 60 metertaxi’s het ook die linkerbaan van die Olifantfontein-afrit (noordelike rigting) blokkeer.

Ander paaie wat geraak word is die R21 in ’n suidelike rigting, oorkant die OR Tambo-lughawe.

Diegene wat vroegoggend ‘n vlug moes haal het dit heel moontlik verpas, terwyl ander besluit het om voet te slaan lughawe toe.

Die EMPD werk tans daaraan om die paaie weer oop te kry vir die verkeer.

Sommige het maar besluit om voet te slaan lughawe toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button