News

Rower in rivier vasgetrek danksy op en wakker gemeenskap

DENEYSVILLE. - Twee mans is vasgetrek na hulle die Wall Street Supermark in Deneysville beroof het.

Volgens kaptein Livhuhani Hani het die mans, wat ten tye van die roof gewapen was, met kontant en sigarette gevlug.

Lede van die gemeenskap het met die soektog gehelp en selfs ‘n boot in die hande gekry om een van die verdagtes wat in die rivier gespring het, vas te trek.
Die polisie het beslag gelê op ‘n pistool, mes en sommige van die gesteelde items.
Die mans is onderskeidelik 30 en 34 en van Lesotho.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button