NewsNews

Man met dood gedreig na Spur-debakel

'n Man van Pretoria is met die dood gedreig na sy huisadres en selfoonnommer verkeerdelik as die van die man in die omstrede Spur-debakel versprei is.

Jacque Paynn, sy vrou, 16-jarige dogter en ma vrees vir hul lewe na hulle in minder as 24 uur meer as 500 boodskappe en oproepe ontvang het waarin hulle met die dood gedreig is.

Jacque het aan Maroela Media gesê hulle vrees vir hul lewe en maak nie ‘n oog toe nie. Dit omdat verkeerde kontakbesonderhede versprei is.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se trauma-eenheid, het gesê hulle veroordeel die dreigemente ten sterkste en daar moet vasgestel word hoe die kontakbesonderhede versprei is. Die veiligheid van die familie is ook vir hulle van kardinale belang.

Intussen het Lebohang Mabuya (33), die vrou in die video, aan Huisgenoot gesê sy is moeg vir al die media-aandag en dit het haar seun net meer getraumatiseer.

Sy is ook nie van plan om ‘n klag aanhangig te maak nie.

 

 

Kyk ook die nuutste beeldmateriaal wat deur Spur uitgereik is. Die beeldmateriaal is van Spur se kringtelevisie (CCTV) gekry: Spur video

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button