NewsNews

Chaos in Steelpark

VEREENIGING. - Inwoners van Steelpark het al die ingange na dié gebied te met brandende bande te versper met die hoop dat die Emfuleni Munisipaliteit na hul klagtes sal luister. 

Dit is nie die eerste keer wat inwoners van die gebied hulself na die strate wend om gehoor te word nie.

Sedert 05:00 vanoggend word geen voertuie toegelaat om in of uit Steelpark te ry nie.

Hulle is onder meer ongelukkig oor die honderde slaggate in die paaie en basiese dienslewering.

Volgens kaptein Fikile Funda, woordvoerder van Vereeniging SAPD, is die polisie tans op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button