CommunityLocal newsNewsNews

Rooftog by Emerald – opdatering

VANDERBIJLPARK. - Die gewapende rooftog gisteraand by die Emerald resort en casino is nog steeds die grootste sosiale media gebeurtenis hier in die Vaaldriehoek die afgelope naweek.

VANDERBIJLPARK. – Die gewapende rooftog gisteraand 22:00 by die Emerald Resort en Casino is nog steeds die grootste sosiale media gebeurtenis hier in die Vaaldriehoek die afgelope naweek.

Drie voertuie is reeds teruggevind en die polisie volg leidrade op om die booswigte vas te trek. Een van die rowers is deur die polisie doodgeskiet by die hoofingang na die Casino terwyl vyf sekuriteitswagte beseer is waarvan twee gewond is. ‘n Sersant van die polisie moes sewe steke kry nadat skrapnel haar vermoedelik getref het.

Verdere onbevestigde inligting is dat die voertuig, ‘n swart Audi wat by die Bonanè robot vasgetrek is, plofstof in gehad het. Verskeie berigte doen ook die rondte dat twee rowers aangekeer is en nog een doodgeskiet is. Dit is egter nog onbevestig.

Die polisie, wat vinnig op die toneel was, het slaags geraak met die rowers wat handwapens en masjiengewere gebruik het en orals was die vlugroetes met patroondoppe besaai soos hulle op mekaar geskiet het.

Lede van die publiek wat ooggetuies was van die gebeure kan gerus die ongeluk en misdaadveslaggewer van Vaalweekblad kontak. jannie.duplessis@media24.com.

LEES DIE VOLLEDIGE BERIG EN MEER FOTO’S IN WOENSDAG SE VAALWEEKBLAD VAN 19 APRIL.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button