Ongeluk vroegoggend in Rosinni boulevard – (VIDEO en FOTOS – Jannie du Plessis)
VANDERBIJLPARK. - In 'n ongeluk vanoggend 25 April op die kruising van Rosinni boulevard en Lewis Carrol straat tussen twee voertuie met Kaap registrasie is 'n vrou ernstig beseer en het die bestuurder van die ander motor ligte beserings opgedoen.

VANDERBIJLPARK. – In ‘n ongeluk vanoggend 25 April op die kruising van Rosinni boulevard en Lewis Carrol straat tussen twee voertuie met Kaap registrasie, is ‘n vrou ernstig beseer en het die bestuurder van die ander motor ligte beserings opgedoen.
Die ongeluk het ongeveer 07:00 plaasgevind tussen ‘n wit Suzuki Jimmy en ‘n blou Kia Picanto. Die Suzuki het op sy sy beland en mediese personeel van beide ER24 en Netcare 911 het die vrou eers binne die voertuig gestabiliseer voor sy deur Netcare 911 na Cormed geneem is. Die man wat deur ER24 behandel is is later deur die Provinsiale ambulans na Johan Heyns geneem.




