Tweelingseuntjies dood na botsing met donkiekar
'n Sesjarige tweeling is gisteraand dood na 'n bus met 'n donkiekar op die N12, 60km van Kimberley gebots het.
Noodpersoneel van Netcare911 het omstreeks 19:27 by die toneel aangekom waar hulle ‘n gesin gevind het wat van die pad afgetrek het om seker te maak die donkie is vas.
Met verdere ondersoek het hulle gevind dat die tweelingseuns wat in die donkiekar geslaap het, is as gevolg van die impak van die ongeluk van die donkiekar afgeslinger en het sowat 100m van mekaar gelê.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het die twee seuns kritieke beserings opgedoen en is dood verklaar.
Die donkie is ook dood.
Die ongeluk word ondersoek.



