News
Pasgebore baba in plastieksak gevind
’n Pasgebore baba is gisteroggend op Joe Slovo-rylaan in Berea, Johannesburg, gevind.
Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, was die seuntjie in ’n plastieksak toegedraai toe hy gevind is.
Nooddienspersoneel het hom op die toneel behandel voor hy vir dringende mediese sorg hospitaal toe geneem is. Sy toestand is kritiek.
Die saak word tans ondersoek.
Enige persoon met inligting kan hul naaste polisiekantoor of Crime Stop anoniem by 08600 10111 skakel of ‘n SMS na 32211 stuur.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



