Alle alleenlopers op soek na vriende, lees hier!
Kom kuier op Sondag 21 Mei saam met ander enkellopendes wat ook op soek is na vriendskap

ELSA Du TOIT skryf:
Hallo alle ENKELLOPENDES! Voel jy mistroostig omdat die koue jou bekruip . . . dan het die
Vaaldriehoek se Alleengroep net die regte medisyne vir jou! Heerlike geselskap, geurige
braaivleis, vrolike samesyn, warm sonskyn en speletjies vir die wat nog “jonk van vlees en
gees” is! Ons nooi Alle Enkellopendes om ons Bring en Braai op Sondag 21 Mei by te woon.
Ons ontmoet 11h00 by die River Square Mall, en vertrek dan almal saam na ons piekniekplek
langs die Vaalrivier in Brand Muller Rylaan in Vereeniging.
Haai Ouens, julle sal nie raai, wat het die wind uitgewaai nie!
Om die winter te vier
gaan ons BRAAI
langs die VAALRIVIER!
Gryp ‘n sak
en begin solank pak!
BRAAIVLEIS en bier
slaai en koeldrank
net wat jou plesier!
Onthou ‘n hoed
‘n stoel en sambreel?
en baie laggies
ons gaan heerlik speel!
Gemaklike skoene
is n MOET
as jy ‘n BRAAIER het
sit hom by jou goed!
SONDAG 21 MEI
11 uur die oggend
ek gaan julle by die
RIVERSQUARE MALL kry!
Vir vrae, bel my, Elsa
by – 083 666 8341



