News

Brandstofpryse vir Junie: Goeie of slegte nuus?

Hoewel daar nog baie veranderinge kan plaasvind is daar dalk bietjie goeie nuus vir motoriste rakende brandstofpryse. 

Volgens die Sentrale Energiefonds se nuutste syfers sou die petrolprys met 20c per liter daal en diesel met 21c per liter indien dit gister vasgestel sou word.

Die prys kan egter nie so lank voor die tyd vasgestel word nie en sal eers op 2 Junie vasgestel word en op 7 Junie in werking tree.

Die rand het ‘n merkwaardige herstel die afgelope weke getoon. Die rand het gister op R13.65 teenoor die dollar verhandel, waar dit vroeër die maand tot R13.65 gestug het. Die prys van Brent-ruolie het ook die afgelope paar weke per vat geval.

Volgens die AA is daar egter nog baie faktore wat ‘n rol kan speel in die brandstofprys tot daar finaal ‘n besluit geneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button