News

10 Mense beseer in Meyerton-ongeluk

MEYERTON. - 10 Mense is beseer toe twee bakkies gister by die R551- en Kareeweg-kruising in 'n botsing betrokke was.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, het beide bakkies langs die kant van die pad gestaan met nooddienspersoneel se aankoms op die toneel.

Insittendes wat agterop een van die bakkies was, is op die toneel gevind. Die pasiënte het matig tot ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hulle onderskeidelik na die Emfuleni Mediclinic en Vereeniging Mediclinic geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button