News
Verkeer staan stil; vermy die pad
Verkeer is vanoggend in albei rigtings by die Olifantsfontein-afrit op die R21 in Gauteng ontwrig toe ’n vragmotor ’n hoëspanning kragmas getref het.
Sowat ‘n uur gelede was daar geen verkeersvloei op die R21 Noord (rigting Pretoria) nie.
Motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te volg.
Volgens berigte het van die kragkabels as gevolg van die botsing op die snelweg beland.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



