News

En DIT is waarom inwoners van Sonlandpark en Steelpark sonder water is

VEREENIGING. - Sedert Sondag sit inwoners van Steelpark sonder water en moet maar geduldig wag vir die probleem om opgelos te word.

Teen Dinsdag kon hulle vasstel dat die probleem by die hoof waterlyn is en om dit herstel moes hulle die watertoevoer toemaak.

Die gevolg hiervan was dat inwoners van Sonlandpark tot 18:00 sonder water was.

Inwoners van Steelpark het teen 21:00 weer water in hul krane gehad.

Vanoggend het daar egter nog ‘n pyp gebars, maar net sommige strate in Steelpark word geaffekteer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button