News

KYK: Ons dorp eens mooi en skoon

VEREENIGING - Die voormalige munispale bestuurder van die Emfuleni Plaaslike Munispaliteit, Yunus Chamda, het nege historiese foto's van Vereeniging gedeel wat sover as die 20ste eeu terug gaan.

Hy vra dat inwoners wat historiese foto’s van Vereeniging het, dit met die Roshnee Fotografieklub sal deel sodat dit gebruik kan word tydens ‘n uitstalling om Roshnee se 50ste bestaansjaar te vier.

Chamda het die foto’s op Facebook gedeel en gesê hy was geinspireer deur ‘n vriend om historiese foto’s van Vereeniging te soek.

In die foto’s is onder meer die ou Barclays Bank in Markstraat, die munispale kantore in 1960, Standard Bank en Voortrekkerstraat in die 70’s.

Roshnee is in 1967 gestig.

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos na ych@mweb.co.za of besoek die Roshnee Photography Club se Facebook-blad.

 

Standard Bank in 1961

 

Voortrekkerstraat en Krugerrylaan

 

Vereeniging Stasie

 

Die munispale kantore in 1960

 

Die polisiekoshuis en speurkantoor in

 

Hoek van Voortrekkerstraat en Marketlaan

 

 

Vereeniging – 49 myl van Johannesburg

 

Die ou Barclays Bank

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button