SKOKKEND: Bestuurder ignoreer verkeerslig en bots met ander voertuig
'n 60-jarige vrou is in 'n kritieke toestand hospitaal toe gevlieg na 'n ander voertuig in haar voertuig vasgery het by die Gordon- en Hendrik Potgieter kruising in Roodepoort. Kringtelevisiemateriaal wys hoe die een voertuig die rooi verkeerslig ignoreer en binne in die vrou se voertuig vas ry.
