
VANDERBIJLPARK. – ‘n Ongeluk vanoggend 1 Junie op die kruising van Livingstone boulevard en van Burgh straat het twee meisies, wat langs die pad geloop het, beseer.
Die twee skooldogters is beseer toe drie voertuie gebots het. Die bestuurders van die voertuie was egter ongedeerd. ER24 het die twee meisies op die toneel behandel. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



