News

Rower doodgeskiet in VDBP; wat nou?

VANDERBIJLPARK - Die Vanderbijlpark SAPD sê hulle gaan nie van hul kant af 'n saak open teen die persoon wat Maandag op drie rowers geskiet het, en een noodlottig beseer het nie.

Sersant Getrude Makhale, woordvoerder vir die Vanderbijlpark SAPD, sê drie rowers het by ‘n meenthuis-kompleks in SE3 ingebreek en elektroniese toestelle gesteel. Die Chevrolet waarmee hulle op vlug geslaan het, is ook gesteel in die Oos Rand. ‘n Buurman het besef daar is ingebreek en op die rowers geskiet. Hulle het egter weggekom, maar die bestuurder van die voertuig het beheer oor die voertuig verloor in Beefwoodstraat. Hy is in die voertuig dood.

Die ander twee het te voet verder gevlug. Te danke aan die polisie se vinnige optrede en die hulp van die K9-honde eenheid is een van hulle ook vasgetrek. Die verdagte was gewond in sy arm.  

Die verdagte het gister in die Vanderbijlpark landdroshof verskyn.

‘n Saak van moord is egter geopen, maar die polisie gaan nie die vervolging ondersteun nie, “Dit is vir die hof om te besluit of daar ‘n verhoor gaan wees al dan nie,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button