News

5 000 meter se nette en honderde dooie vis uit Vaaldam getrek.

VANDERBIJLPARK. - Die polisie se watervleuel het 'n besige dag gehad na hulle sowat 5 000 meter visnet met honderde dooie vis uit die Vaaldam, by die UJ gronde in die Vaal Marina area, getrek het.

Onwettige visvang is egter nie ‘n vreemde verskynsel nie en is dit nie die eerste keer wat meters en meters nette uit die Vaaldam of Vaalrivier getrek is nie.

Op die oog af is die nette nie opsigtelik nie. In die rivier word dit van een kant van die rivier na die ander kant gespan en baie strategies vasgemaak. Wanneer dit donker en stil is word die nette uitgetrek.

Die wet bepaal egter dan die manier van visvang onwettig is sonder ‘n permit.

Vier kano’s is gekonfiskeer en sewe verdagtes vasgetrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button